Kleine Louiza is besig om net soos haar liefste sussie Anne een van die mensies te word wat ek 'love' om af te neem! Sy het die heeltyd vir die kamera gekyk! Leer seker by hulle mooiste ma! Hierdie was sommer so vinnige shoot, maar ek is baie bly oor die resultate!
Loumari Laggies
Die Hugos in Franschhoek is daai mense wat mens ken wat net altyd vriendelik en nice is! Ek het die voorreg gehad om klein Loumari (15maande) af te neem! Sy is te oulik en het my omtrent laat rond hardloop!
Johnnie Be Good!
Die coolste klein mensie in my lewe! Ons het Sondag 3 Maart sy doop gevier! Hy steel jou hart met sy potblou oe en almal om hom deel in Fransie en Pieter se geluk!
Awesome Ansie
Verseker een van die mooiste swangervroue wat ek al ooit gesien het en so groot voorreg om haar af te neem! Dankie dat jy so sport was!!!!
Subscribe to:
Posts (Atom)