Hoffmann Happiness


















Klein Esthea is maar net 12 daggies oud en klaar draai sy die hele familie om haar kleine pinkie! Sy was wakker reg deur die neem van al die foto's. Julle is 'n wonderlike gesin en ek weet die klein mensie gaan julle net aanvul met liefde en geluk. 


Mamma Marilize















Eintlik was die shoot oor die kleine mensie wat in Mei sy opwagting maak, maar sy liefste sussie het totaal die shine gesteel! Sy was so oulik saam met haar ma! Kosie en Marilize baie sterkte vir die volgende ruk! Mag hy net vreugde bring!


Liefste Luca!
















Ek is regtig versot op die klein mensie! Hy was so wakker tydens die shoot- dit het heeltyd gelyk of hy lag! So spesiaal! Ek wens net vreugde en geluk vir Micha, Van Heerden en kleine Luca toe!